top of page

Meer oor ons Senwametsi

27785739_1913941808647307_692481194_o.jp
Senwametsi Hydrogel how it works

Senwametsi, Selamanzi, water-drinker is 'n kalium poli-akrilaat super absorberende polimeer (SAP). Hierdie produk bied n nuwe benadering tot die beskerming en bewaring van die omgewing deurdat dit oor n hoë waterabsorspie en -kapasiteit beskik. Hierdie SAP kan ongeveer honderdkeer sy eie gewig hou en vermeerder grond se waterbehoud kapasiteit. Deur hierdie produk te gebruik, kan besproeiingsfrekwensie met 35% tot 80% verminder word.

  • 100g van die SAP absorbeer 350 keer meer water teenoor die produkgewig en verander na 'n jellie-agtige samestelling wanneer dit in kontak kom met water. Senwametsi, water-drinker kan as sulks as n watertafel beskou word wat vergroot deurdat die water in jellie-vorm vasgevang word vir n verlengde tydperk

  • Hierdie superabsorberende produk is saamgestel uit ongeveer 10% kalium poli-akrilaat en 90% water. Die water word stadig en stelselmatig deur die watertafel vrygestel en kan vir n tydperk van 2-5 jaar water aan plante voorsien.

  • Hierdie produk is bio-afbreekbaar en voorsien aan die grond sowel as die plante die nodige voedingstowwe wat slegs water kan bied. Die produk bestaan uit n wit, granulêre poeier wat onmiddelik met water reageer wanneer dit in kontak kom daarmee.

  • Senwametsi kan gebruik word vir plantjies in kwekerye, vir grasperke (4-6 keer minder grasnatmaak word verlang), vir groente tuine, bome en n verskeindenheid plante en gewasse. Vir optimale gebruik kan die water- drinker òf in poeiervorm in die grond bygevoeg word voor daar gesaai/geplant word, òf dit kan in jellie-vorm by die wortels bygevoeg word tydens groeiaanvang 

Hierdie landbou tegnologie word ook in doeke, sanitêre doekies en tuinbou gebruik.

Hierdie super absorberende produk is veelsydig deurdat dit veldbrande kan verhoed omdat die grondwater oor langer tydperke versadig bly.

Hierdie produk bied dalk die beste oplossing om waterskaarsheid aan te spreek siende dat dit droogtebestand, eko-vriendelik, bio-afbreekbaar, bekostigbaar, gerieflik, en eenvoudig, maklik en veilig om te verbruik is.

Wees waterslim en begin vandag water spaar!

bottom of page